George Trou Fotograaf - George en Lizl by Waboomskraal naby George

Wat beter as ’n troue op ’n Donderdag om ’n lang naweek net so ’n klein bietjie langer en lekkerder te maak en dan ook die vakansie seisoen in styl te begin. Tuinroete troues gedurende Desember is altyd spesiaal met die ongelooflike atmosfeer en amper perfekte weer.

George en Lizl het voor familie en vriende by Oppie Plaas Venue hulle troubeloftes afgelê gedurende ’n dag van opgewondenheid, so baie lag en besonderse trou-onthaal dekor. Albei het besluit om die dag se beplanning bietjie anders as die normal te doen deur so te sê saam klaar te maak voor die seremonie. Dit het gesorg vir lekker oomblikke om af te neem terwyl almal besig was met die voorbereiding vir die trou seremonie.

Die buitelug troue seremonie was gevolg deur die foto sessie met die bruispaar en daarna het ’n onthaal op ’n tuinroete plaas lokaal plaasgevind, met dans tot laat in die aand en baie spesiale aand-foto’s met met die lokaal se beligting in die agtergrond.


Een van die foto’s van die troue het ’n ‘Reportage’ prys ontvang van ‘ThisIsReportage’ - volg die skakel vir meer informasie

TROU-DIENSVERSKAFFERS:

Grimeerkunstenaar: Wilna Allpass - Professional Make-up Artist and Hair Stylist, Musiek: Dj-Morne Meister Blomme en Dekor: Flowers4U George, Addisionele fotograaf: Steve DElboux

© 2020 Ruan Redelinghuys Photography. All rights reserved.